Jekoeno Amlak

Jekoeno Amlak
Koning van Ethiopië
’n Vroeë skildery van keiser Jekoeno Amlak.
Dinastie Huis van Salomo
Bewind 10 Augustus 1270 - 19 Junie 1285
Volle naam Tasfa Jesus (troonnaam)
Gesterf 19 Junie 1285
Voorganger Jetbarak
Opvolger Jagbe'oe Sejon[1]

Jekoeno Amlak (Ge'ez: ይኩኖ አምላክ); troonnaam Tasfa Jesus, ተስፋ ኢየሱስ täsfa iyyäsus) was van 10 Augustus 1270 tot 19 Junie 1285 keiser van Ethiopië.[2] Hy was ook die stigter van die Salomoniese Dinastie, wat tot in 1974 in dié land regeer het.[3] Hy was ’n prins van die provinsie Bete Amhara (in vandag se Wollo-streek) wat koning van konings van Ethiopië geword het nadat hy die laaste Zagwe-koning verslaan het.

  1. Stuart Munro-Hay (2002). Ethiopia: The Unknown Land. I.B. Tauris. p. 24.
  2. In die Ethiopiese kalender 10 Sené en 16 Nehasé onderskeidelik. A.K. Irvine, "Review: The Different Collections of Nägś Hymns in Ethiopic Literature and Their Contributions." Bulletin of the School of Oriental and African Studies, Universiteit van Londen. School of Oriental and African Studies, 1985.
  3. "Ethiopia | History, Capital, Map, Population, & Facts". Encyclopedia Britannica.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search